Sondag 16 Junie 2024 Stephan Briel
Manage episode 423895215 series 2644201
Lees: Mat 25: 14-30.
Fokus: Mat 25: 23-25.
Bybelse Rentmeesterskap (Deel 2).
Omdat God in Christus die Gewer van alle goeie gawes is, behels rentmeesterskap die volgende:
- God hou ons verantwoordbaar vir die bestuur en aanwending van alles wat Hy aan ons toevertrou het.
- Rentmeesterskap behels ‘n sin van dringendheid.
- Kan ons funksioneer vanuit die vryheid van God se vertroue in ons en nie vanuit die vrees vir mislukking nie.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
- Is rentmeesterskap gelyk aan kerklikebydraes? Verduidelik.
- Wat is die verskil tussen ‘n bydra lewer en betrokke wees?
- Lewe jy om nie te misluk nie; of lewe jy om te oorwin? Verduidelik die verskil?
278 episódios