Perspektief: Augustus 2024 - Gereformeerde kerke loop leeg
Manage episode 439071335 series 1743724
Gereformeerde kerke in Suid-Afrika - op die platteland en in stede - loop leeg volgens artikels en die media. Scriptura bespreek moontlike redes hiervoor aan die hand van die Skrif. Die Bybelse stel nie vir ons nuwe gebruike, of formuliere, of leerstellings voor nie, maar wys na die hoop vir alle mense op enige plek in die wêreld: Christus. Is ons gereed vir klein kerkies wat God aanbid en dien op enige plek waar ons woon en werk? Is ons gereed met die toepaslike skrif op ons tonge om die goeie boodskap van verlossing te deel met elkeen wat honger en dors na die waarheid? Preek ons nog daaglikse bekering van sondes, en modelleer ons die hartsverhouding met Jesus vir diegene wat geloofsbelydenis wil aflê, of is dit nou net 'n katkisasie-worsmasjien? Die groot vraag waarvoor ons 'n baie seker antwoord het is: Is gereformeerde teologie nog relevant?
331 episódios