Artwork

Conteúdo fornecido por Eensgesind Klanklêers. Todo o conteúdo do podcast, incluindo episódios, gráficos e descrições de podcast, é carregado e fornecido diretamente por Eensgesind Klanklêers ou por seu parceiro de plataforma de podcast. Se você acredita que alguém está usando seu trabalho protegido por direitos autorais sem sua permissão, siga o processo descrito aqui https://pt.player.fm/legal.
Player FM - Aplicativo de podcast
Fique off-line com o app Player FM !

Drie kanonne op ʼn presidensiële graf?

45:45
 
Compartilhar
 
Manage episode 212568779 series 2396420
Conteúdo fornecido por Eensgesind Klanklêers. Todo o conteúdo do podcast, incluindo episódios, gráficos e descrições de podcast, é carregado e fornecido diretamente por Eensgesind Klanklêers ou por seu parceiro de plataforma de podcast. Se você acredita que alguém está usando seu trabalho protegido por direitos autorais sem sua permissão, siga o processo descrito aqui https://pt.player.fm/legal.

'n Padlangs Noordwes Episode

Wat het gebeur?

Die eerste president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR, ook bekend as Transvaal) was ʼn man met die naam Marthinus Wessel (MW) Pretorius. Hy was die seun van generaal Andries Pretorius wat bekendheid verwerf het by die Slag van Bloedrivier (16 Desember 1838), hoewel hy ook slaags geraak het met die Britse militêre magte by Congella (te Durban) en by Boomplaats (in die Suid-Vrystaat). Selfs na hierdie nederlae kon generaal Andries Pretorius in 1852 daarin slaag om by die Sandrivier (ook in die Vrystaat) ʼn verdrag met die Britse ryk aan te gaan wat lewe sou skenk aan ʼn republiek noord van die Vaalrivier.

Generaal Pretorius sou uiteindelikie nie sy republiek in vrede kon lei nie, want na sy dood in 1853 het sy seun, MW, die leisels oorgeneem. MW moes ʼn nuwe republiek lei as deel van 'n nuwe generasie leiers wat die Groot Trek beleef het en hulleself in die binneland van Suid-Afrika gevestig het. MW Pretorius was veronderstel om soos 'n "George Washington" vir Transvaal te wees. Hy moes die basiese werk doen om ʼn nuwe staat van die grond af op te bou en die resultaat dan aan die volgende generasie te oorhandig. Hierdie scenario kan vergelyk word met die verantwoordelikheid van die teenswoordige millenniale generasie wat later hierdie eeu Suid-Afrika van die ouer generasies sal erf en dan die Suid-Afrikaanse Staat verder moet versterk tot voordeel van hulle opvolgers.

Maar MW het 'n massiewe taak gehad; het hy daarin geslaag? MW Pretorius was ʼn dromer en wou Transvaal (met die hoofstad in Potchefstroom) met die Vrystaat (republiek sedert 1854) verenig as een “Boererepubliek” bo die Oranjerivier (Gariep). Sy droom het in ʼn burgeroorlog in Transvaal ontaard toe generaal Stephanus Schoeman nie van Pretorius se droom en langdurige verblyf in Bloemfontein gehou het nie. Pretorius het wel as oorwinnaar uit die stryd getree, maar sy reputasie was geskaad. Die staat wat president Thomas F. Burgers in 1872 van Pretorius moes oorneem, het potensiaal gehad soos wat Burgers geglo het, maar Transvaal was glad nie 'n sterk en goed ontwikkelde (of selfs ontwikkelende) staat nie.

Padlangs gevind

In Potchefstroom kan MW Pretorius se historiese nalatenskap gevind en eerstehands beleef word. Die eerste plek om te stop is die huismuseum in Thabo Mbekiweg. Daar het Pretorius sy kantoor gehad waar hy enige tyd ʼn besoek van ʼn afgevaardigde kon verwag. Sy wamakery is ook te siene, want Pretorius het nie sy brood en botter alleenlik uit die politiek verkry nie - hy moes na sy ampstermyne 'n inkomste uit sy ambag as wamaker maak. Gub jouself so'n uur om die huis en die verskillende artikels te besigtig en ook met die belese en kundige kurator, mnr. Johan Wolvaardt, ʼn geselsie aan te knoop.

Daar is nie ʼn beeld van MW Pretorius in Potchefstroom nie. Om dit te sien, moet 'n mens al die pad na Pretoria toe ry waar sy enigste beeld reg voor die standbeeld van sy pa op Pretorius-plein staan; maar Pretorius se laaste rusplek is wel in Potchefstroom.

Omdat hy die eerste president van die ou Transvaal was, kan 'n mens mos verwag om ʼn graf te vind wat tot 'n nasionale besienswaardigheid verhef kan word, soos George Washington en sy gade se laaste rusplek te Mount Vernon in die VSA. Dit is bejammerenswaardig dat die nie die geval met MW Pretorius is nie. Suid-Afrika is bekend daarvoor dat die laaste rusplekke van bekende figure uit die verlede verwaarloos word. ʼn Graf is mos die naaste wat 'n lewende persoon aan die wese van enige historiese figuur kan kom. Ongelukkig is dit tans moeilik om by MW Pretorius se driekanongraf uit te kom. Dis in die historiese begraafplaas by Alexanderpark, duskant Olënpark (die tuiste van die Noordwes Luiperde rugbyspan), in Potchefstroom.

Wees versigtig indien jy belangstel om te sien of die president wel daar lê.

Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

  continue reading

127 episódios

Artwork
iconCompartilhar
 
Todos os episódios

×
 
Loading …

Bem vindo ao Player FM!

O Player FM procura na web por podcasts de alta qualidade para você curtir agora mesmo. É o melhor app de podcast e funciona no Android, iPhone e web. Inscreva-se para sincronizar as assinaturas entre os dispositivos.

Guia rápido de referências